Wat is my doel in die lewe? Hoe kan ek die beste keuses maak? Daar is so baie vrae in die lewe, en net God het al die antwoorde. As jy stil raak en na Hom luister, sal Hy hulle met jou deel. In haar nuwe dagstukkieboek, Gesels met God elke oggend, wys Joyce Meyer dat enigeen kan leer hoe om God se stem en die verskeie maniere waarop Hy praat te herken, en sodoende sy plan vir jou lewe te kan volg. Hierdie dagstukkies is saamgestel uit drie van Joyce Meyer se gewildste boeke oor hoe om ’n verhouding met God te bou: How to Hear From God, Knowing God Intimately en The Power Of Simple Prayer. Hierdie dagstukkies sal lesers daagliks daaraan herinner hoe God met hulle deur hul gedagtes, gevoelens, drome en die woorde van ander mense praat. Joyce Meyer lig die maniere waarop God met ons praat uit, asook die voordele wat dit vir ons inhou om Hom te vra om ons sensitief te maak vir sy stem.