Elke mens is met ’n spesifieke plan en leierskapstaak geskape en hierdie taak wissel van mens tot mens – miskien is dit bestem vir ’n klein kringetjie in die gesin, miskien is dit om ’n groter groep mense te beïnvloed. Maar hoe dit ook al sy, sê ds. Dirkie van der Spuy in sy heel nuutste boek, God wil elkeen van ons in sy koninkryk gebruik. In Leierskap sonder grense deel ds. Dirkie ses-en-dertig jaar se ervaring as leier in die bediening. Hy beklemtoon dat elke mens die leierskapsroeping vir sy lewe moet ontdek en moet sorg dat die volle potensiaal daarvan ontwikkel word. Hy bied ook praktiese raad om leiers op te rig en hulle te help om ’n groter impak in die wêreld te maak. Hy bespreek onderwerpe soos die volgende: Glo in jou leierskap Ontdek jou lewensdoel God se droom vir jou Die eienskappe van ’n leier Verskillende leierskapstyle Dit is ds. Dirkie se wens dat hierdie boek jou sal help om die leier in jouself te ontgin en sodoende ’n verskil te maak.