Gister was daar ’n liefdevolle kind in jou huis; vandag is daar ’n vreemde wese in sy plek – een wat nukkerig is, oë-rol tot ’n kuns vervolmaak het en jou radeloos het. Ouers staan verstom oor hierdie metamorfose van kind na tiener. Internasionaal bekende sielkundige en topverkoper-outeur dr. Kevin Leman het raad. Hy wys ouers met ’N NUWE TIENER TEEN VRYDAG hoe om tieners toe te rus met wat hulle nodig het vir die lewe (soos integriteit, om die regte ding te doen en mense te respekteer) by die huis, by die skool en in die volwasse lewe. Soos in sy vorige topverkopers, ’N NUWE KIND TEEN VRYDAG, ’N NUWE MAN TEEN VRYDAG en ’N NUWE JY TEEN VRYDAG, belowe dr. Leman in hierdie boek ook resultate binne vyf dae. Die boek sluit ook ’n uitstekende afdeling in met vrae en praktiese antwoorde.