Tafelberg: 581 books

Cover of Dwaalpoort
by Alexander Strachan
Language: Afrikaans
Release Date: October 5, 2017

Dwaalpoort is ’n ou KwaZulu-Natalse familieplaas, geslagte reeds bekend om sy veekuddes, osse wat jaar na jaar rekordpryse op vendusies behaal. Maar ook om sy sonderlinge wit hartbeeste, ’n trop wat reeds aan dié wêreld se vroegste inwoners bekend was. Rentia het Dwaalpoort van haar pa geërf,...
Cover of Vier seisoene kind
by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Die woord “weduwee” is ’n verdrietige woord, ’n toestand waarmee sy haarself met moeite vereenselwig. Maar hier waar Cato in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ’n skamele drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en...
Cover of Bestemmings
by Marita van der Vyver
Language: Afrikaans
Release Date: May 10, 2012

Bestemmings bekoor met sprankelende, sexy stories. Ontmoet dié minsame karakters en swerf saam op hulle avontuurlike reise.Die smulpaapvakansie van ’n leeftyd verander in ’n nagmerrie toe Louise Tredoux snap dat sy nou waaragtig aan die verkeerde kant van veertig beland het. Want vir dié reis...
Cover of Isabella
by Mariël Le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: March 6, 2017

Toe fluister die engel dringend in my kop. Die tyd loop uit. Jy moet gou speel. Isabella staak haar studies en durf saam met Gideon die ongenaakbare wêreld van die Noord-Kaap aan, waar sy met die aardsheid van die mynmense kennis maak. Ná haar dogter se geboorte ruk die lewe haar voete onder haar...
Cover of Persomi
by Irma Joubert
Language: Afrikaans
Release Date: April 28, 2011

Boelie is Mister Fourie se oudste seun en erfgenaam; Pérsomi is die bywonerskind. Maar Pérsomi is slim, waarskynlik te danke aan haar onbekende biologiese pa. ’n Baie spesiale vriendskap ontwikkel tussen Boelie en Pérsomi, maar iets hou Pérsomi terug – waarom kan sy nie met oorgawe liefhê...
Cover of Thula-thula (Afrikaanse uitgawe)
by Annelie Botes
Language: Afrikaans
Release Date: April 28, 2011

Op ‘n laatwintermiddag kom Gertruida Strydom alleen terug Kwakersvallei toe nadat haar pa en ma op die dorp begrawe is. Sy haat hulle. Terwyl sy ‘n toegang-verbode-bord op die plaashek vassit, juig sy saam met die vleipaddas dat die koedoe voor hulle ingehardloop het. Dit was nie haar pa en ma...
Cover of Hartland
by Deon Opperman, Kerneels Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: November 1, 2012

Deon Opperman het televisiekykers geboei met sy epiese familiesage Hartland. Hierdie omvangryke Boere-Dallas word nou ’n groots opgesette roman waarin Opperman se meesterskap as storieverteller sorg vir ’n pakkende leeservaring. Hartland vertel die verhaal van drie Afrikaanse families, van die...
Cover of Donkerland
by Deon Opperman, Kerneels Breytenbach
Language: Afrikaans
Release Date: November 15, 2013

Een plaas. Een familie. Een bloedlyn. Sewe geslagte. In 1838 vlug Pieter de Witt uit die Oos-Kaap na Natal om ná maande van uiterste ontbering op die walle van die Tugelarivier ’n hoekpaal in te kap en sy plaas af te tree. Hy noem die plaas Donkerland. Dit is hier waar sewe geslagte De Witts die...
Cover of 'n Klein lewe
by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: June 20, 2012

Die fassinerende verhaal van ’n vrou wat in die laat vyftigerjare in Suid-Afrika gebore is. Gebeure soos die oproer van die sewentiger- en tagtigerjare en die ingrypende sosio-politieke veranderinge in die land dra by tot haar politieke bewuswording en belewenisse en laat haar dikwels vrae vra oor...
Cover of Anderkant uit

Anderkant uit

Stories oor trauma & hoop

by Hanlie Retief, Lise Swart, Louis Awerbuck
Language: Afrikaans
Release Date: February 15, 2016

In Hanlie Retief se gereelde onderhoude in Rapport oorreed sy doodgewone én beroemde mense om hulle harte behoorlik oop te maak en hul geheime met lesers te deel. Anderkant uit is 'n versameling van onderhoude met dié mense wat trauma en teenspoed beleef het - van verslawing, misdaad en siekte tot...
Cover of Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)
by Marita van der Vyver
Language: Afrikaans
Release Date: January 1, 2008

Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met ’n akteur met twee seuns getrou en nou is Hanna en haar halfboetie twee broers én ’n stiefpa ryker. En asof dit nie genoeg is nie, kry hul ma die simpel...
Cover of Dis koue kos, skat
by Marita Van der Vyver
Language: Afrikaans
Release Date: June 17, 2016

Clara Brand skreeu om wraak. Haar man het haar en hul drie kinders vir een van haar vriendinne gelos. En boonop vir iemand wat nie eens ’n eier kan kook nie! Clara stort haar woede, haar wraakgevoelens, haar behoefte aan begrip en ondersteuning uit in briewe. Sy skryf aan haar ontroue man, aan haar...
Cover of Swemlesse vir ’n meermin
by Marita Van der Vyver
Language: Afrikaans
Release Date: May 5, 2015

Daar’s belangrike dinge wat jy moet weet om jou tienerjare te oorleef. Soos, wat maak jy as jy groen is van jaloesie elke keer as jy na die gewildste, mooiste, coolste meisie in die klas kyk? Of hoe gemaak as jy verlief is op ’n ouer seun wat nie eens weet wat jou naam is nie en waarskynlik nooit...
Cover of Griet skryf ’n sprokie
by Marita Van der Vyver
Language: Afrikaans
Release Date: February 15, 2017

Griet skryf ’n sprokie is die verhaal van Griet Swart, wat deur die traumas van miskrame, kindersterfte en egskeiding gedryf word tot die punt waar sy een aand haar kop in ’n gasoond druk. ’n Dooie kakkerlak in de oond red haar, want vir die res van die aand maak sy oond skoon. As terapie raak...
First 3 4 5 6 7 8 910 11 12 13 14 15 Last
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy